Childhood Diseases

Question
Posted by: pixie | 2008/12/14

Q.

Geen eetlus

Goeiedag Dokter,

Ek het onlangs aan u geskryf ivm my 4 jarige seuntjie wat 99.99 cm is en 13 kg weeg. Hy is maer (ek en sy pa is ook maer) en hy is kronies moeg.

Volgens sy pediater kan hy nie aan seliaksiekte uit die bloute uit ly nie. Sy het volledige bloedtoetse laat doen van leukemia, volbloed, limf en yster. Slegs sy yster was laag 9.2 (af van 14.5 af), ek moet nou 5 keer per week die ferrimed en vit c tablet vir hom gee ipv 3 keer per week.
Ek verstaan nie hoekom sy yster so konstant laag is en val nie - is dit normaal onder kinders?

Dan - wat kan ek vir hom gee om sy eetlus aan te wakker, die pediater het brumalt voorgestel. Sal dit werk vir die eetlus en die kroniese moegheid of sal u iets anders aanbeveel? (Hy kry tans biostrath, viral guard en turbosmart)

Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is nie tevrede met die toetse wat jou pediater gedoen het nie.Twee van die belangrikste simptome van seliaksiekte in jong kinders is kroniese moegheid en 'n bloed yster tekort. Al is jou man skraal, is jou seuntjie se gewig baie, baie laag vir sy ouderdom [op die 3rde persentiel; die laagste 3% van kinders van sy ouderdom!]Hy is tot dusver met baie middels behandel om sy eetlus te verbeter maar tog het hy nog 'n baie swak eetlus.Daar moet erens 'n probleem wees om die simptome wat hom pla te veroorsaak. Vra spesifiek vir die pediater om die toetse vir seliaksiekte te doen.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Coenie Espach | 2014/04/24

Goeie dag Dokter. Ek sukkel al meer as 8 jaar met my maag en my kolon. Ek was die 12/02/2014 in vir n skouer operasie en daarna het dit vererger. As ek eet wil ek net slaap en is uitgeput, het kort-kort maag aandoening, moegheid, vel wat juk, spierswakheid, liggaam is seer, hoofpyne, sere in mond, lei aan depressie, konsentrasie het verswak, is nie lus om te werk nie, groot hoeveelheid winde in die maag, buik opgeswel en naald gevoel in hande en bene. Moet ek my laat toets vir seliaksiekte.

Reply to Coenie Espach
Posted by: Vusnestequelf | 2011/01/18

Reply to Vusnestequelf

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.