Childhood Diseases

Question
Posted by: Riana | 2009/08/12

Q.

Gedragverandering

My 4 jarige seun kla die afgelope week dat hy baie moeg is. Hy is in ' n opvoedkundige creche waar hulle baie aktief is. Wat my pla, is hy kla oor die werk en oor die feit dat daar vreeslik baie met hulle geraas word. Sy gedrag het ook skielik in die laaste week verander waar hy sommer stout is (tuis en by die creche). Hy luister nie wanneer hulle en ons praat nie en beland in die moeilikheid. Dit is glad nie in sy aard nie. Wat my verder pla, is vandat dit begin het, het hy nou al twee keer as hy in die middag by die huis kom, sommer net gaan slaap. Soms tot die volgende oggend toe (dus 14 ure!). En ek kry hom eenvoudig nie wakker nie. Hy het geen mediese simptome nie, maar ek raak bekommerd. Moet ek hom maar neem vir ' n mediese ondersoek, of kan dit sielkundig wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag.Dit is moeilik om seker te wees oor die antwoord.Dit is belangrik om eerstens seker te maak dat jou seuntjie gesond is.Miskien het hy 'n siekte soos klierkoors of miskien anemie. Daarom is dit nodig om in die eerste plek sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.