Childhood Diseases

Question
Posted by: Alr | 2011/09/26

Q.

Gastro-enteritis

Hi Dr

My dogtertjie van 2 jaar 3 maande is verlede week Dinsdag gehospitaliseer. Sy het gebraak van 2 uur die oggend af waarna ons met haar ongevalle toe is en sy opgeneem is en heel oggend op drip spandeer het.

Sy het die aand weer gebraak en hul het haar weer op ''n drip gesit. Die volgende oggend is ons ontslaan. Terug by die huis het haar magie ontsettend begin werk, waterig met ''n baie slegte reuk. Ons is nou van 15 doeke af per dag na darem so 2, 3 en die hoeveelheid is ook baie minder.

Sy drink goed (haar melk, Nan3 asook rooibostee en bietjie koeldrankies asook water. Ons gee ook vir haar powerade/game). Sy eet egter nog glad nie goed nie, paar tjippies hier en daar en gister darem uit haar eie ''n bakkie yoghurt.

Behandel ons haar reg?

Hoe lank kan haar simptome nog so aanhou?

Byvoorbaat dank.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou dogtertjie se gastro deur die Rotavirus veroorsaak is. Sy is tans besig om weer gesond te word. Sy is uitstekend goed behandel beide by die hospitaal en ook by die huis.Sy sal nie dadelik weer begin eet nie. Wat belangrik is is dat sy aanhou om baie te drink. Probeer ook vir haar piesangs en appels te gee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.