Childhood Diseases

Question
Posted by: Nisi | 2010/11/16

Q.

Gastro?

My 2 maande oue kleinkind is tans in die hospitaal met gastro. Sy was tydens opname effens gedehidreerd en is tans nog op die 5-dag antibiotika. Wat my bekommer is dat sy vanaf geboorte baie los stoelgang het. Dit wat nog nooit vas (bolletjies) nie en meeste van die tyd geel en diaree-agtig. Natuurlik gaan ons nou oorversigtig wees, maar met die dat die stoelgang altyd nog so los is het ons nie agtergekom dat sy diaree/gastro het nie. Wat kan die oorsake van hierdie permanente los stoelgang wees en is dit normaal? Wat is die oorsaak van gastro?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Gastro of gastro-enteritis is gewoonlik 'n maag en derm ontsteking. In babas van die ouderdom is die Rotavirus gewwonlik die oorsaak van die siekte. Maar boonop is daar nog 'n probleem met jou baba kleinkind.Sy het miskien 'n laktose intoleransie en sy moet getoets word omuit te vind of dit miskien die oorsaak is van haar aanhoudende diaree.Indien hiedie toets negatief is, is sy miskien allergies vir melk maar dit sal net gebeur indien sy op 'n formule gevoed word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.