Childhood Diseases

Question
Posted by: Nuwe ma | 2009/03/05

Q.

Formule inname

Dokter,

My dogtertjie is 7 maande oud en op Isomil 2. Sy wil nie haar melk deur die dag drink nie deur die nag sal sy 2 bottels drink.

Sy neem seker so 700ml melk per dag in (op ' n goeie dag) en dan eet sy drie etes per dag (nestum pap, vrugte purity en vleis& groente purity).

Ek is bekommerd oor haar calcium inname. Kan ek vir haar sagte kaas (melrose) of iets anders begin gee? En as sy ' n bottel weier (gewoonlik haar 10uur in die oggend bottel) kan ek dit met iets anders vervang wat goed sal wees?

Ek kan nie formule verander nie want sy is al te veel van formule verander. En sy weier die bottel nog voor sy die melk geproe het.

O ja, net om by te voeg sy is op Isomil want sy was baie moeilik as ' n baba op Nan en Nan HA (koliek-erig). Haar pediater het toe Isomil aanbeveel. So sy is nie eintlik allergies vir suiwel nie, en ek dink sy is nou oor die moeilike stadium maar sal ook moet dophou as ek kaas probeer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wag tot sy 10 maande oud is voordat sy kaas begin eet. Daar is geen rede vir kommer indien sy gereeld gewig optel want dit lyk asof sy baie goed eet. Sy kan miskien rooibos tee drink indien sy weier om haar formule in die oggend te drink.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.