Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2009/04/15

Q.

Formule

Hi dokter,

My dogtertjie is nou net oor die 8 maande. Ek het al voorheen vir dokter gemail oor haar probleem met formule. Sy was op Isomil wat haar vreeslik hardlywig gemaak het. Sy was ook al op Nan, Nan HA, Similac alimentum maar sy was allergies vir die nan (nie erg allergies net ' fussy'  op dit en spoeg meer as met isomil) en het nie van die similac gehou nie.

Ek het haar vanaf Isomil 2 na NanLF toe verander, want ek kon net nie meer die hardlywigheid verduur nie! En om haar elke dag Duphalac te gee het ook nie reg gevoel nie.

Dit het nou goed gegaan vir so 2 weke en sy is alweer hardlywig (op NanLF). Moet ek haar maar daarop hou, want dis mos sleg om so baie van formule te verander (is dit skadelik???). Ek het gehoor dat Novalac IT goed is vir kinders wat sukkel met hardlywigheid.

Ek is regtig raadop en wens ek kan al net vir haar FirstGrowth Melk of so iets gee.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Indien jou baba nie allergies is vir melk sal die Novalac IT 'n baie goeie formule wees. Aangesien sy nie allergies is vir NAN LF sal sy seker die Novalac IT kan drink. Sy is nog nie oud genoeg om First Growth melk te drink.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: rensche | 2009/04/15

hi daar het jy al gewone beesmelk probeer? meeste van my vriendinne haal hulle babas van formule af as hulle babas 6 maande oud is. gee vir haar n vitamin aanvulling by as jy bekomerd is dat sy nie genoeg kry van die bees melk nie.

Reply to rensche

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.