Childhood Diseases

Question
Posted by: Nuwe ma | 2009/01/26

Q.

Formule

Dokter,

Ek wil net uitvind, my baba is sedert geboorte vreeslik moeilik (nie koliek), net maagkrampe en huilerig. Sy is nou al amper 6maande oud en redelik beter. Maar in die aande begin sy net huil terwyl sy slaap en poep dan. Dis asof haar magie pyn. Ek moet ook se dat sy op Isomil is wat haar vreeslik hardlywig maak, maar ek gebruik nou Duphalac vir dit.

Ek het nou gehoor dat Similac formule so fantasties is vir babas met maag probleme en slaap probleme.

Is dit waar? Sal dit dalk die moeite werd wees om haar op dit te probeer? Ek kry haar vreeslik jammer as sy haarself wakker huil en sy lyk in pyn.

Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba is nou 'te oud' om nog koliek simptome te wys. Haar simptome klink meer na die van 'n laktose intoleransie probleem.Aangesien sy so hardlywig is op Isomil sal ek aanraai dat sy een van die nuwe laktose-vry formule soos NAN LF of S26 LF probeer. Die Simulac formule is vir kinders allergies vir melk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.