Childhood Diseases

Question
Posted by: NIENNA | 2011/03/26

Q.

Fase of nie?

Goeiedag Doc,
My seuntjie van 19maande is onmenslik stout en woelig. Die woeligheid kan nog gaan want dis mos maar hoe seuntjies is maar hy is ongehoorsaam. Hy luister nie as mens vir hom nee se nie en as ek hom daaroor slaan dan sal hy net huil en dit weer gaan doen. Ek en hy bly by my ouers vandat hy 3 weke oud is, dis toe ek en my man geskei is, hy sien nie sy pa nie en weet op die stadium nie wat ''n pappa is nie. Hy kry baie aandag in die huis. Ek het hom ook so 3 weke terug net halfdag in ''n dagsorg ingesit waar hy heel goed aangepas het. Ek en hy trek einde van die maand in ons eie plek in en ek hoop dat dit beter sal gaan as dit net ek en hy is want ek het begin dink dat hy te veel aandag kry. Ek is die enigste kind dus is hy al kleinkind wat my ouers het. Hoop u kan my raad gee oor hoe om hom te hanteer of is dit net ''n fase want ''n stout kind is ''n lelike kind. Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is soms baie moeilik om kleuters van die ouderdom te hanteer wanneer hulle so stout is. Wat wel nie help nie is om hom te slaan nie. Dit sal net sy gedrag en die probleem vereger. Dit is nou tyd om hom te begin leer dat sy gedrag onaanvaarbaar is.Indien hy nie luister waneer jy met hom praat is dit belangrik om nie met hom te soebat nie. Praat net een keer en se net dat hy moet dadelik ophou. Indien hy nie luister nie moet hy dadelik na sy kamer geneem ward en maak die kamerdeur toe. Hy moet daar bly tot dat hy weer stil is en opgehou huil het. Dit moet elke keer gedoen word tot hy begin luister en leer dat sy slegte gedrag iets van die verlede is. Gee hom ook elke dag 'n aanvulling van Omega3 500mg [halwe kapsule] dit kan net gemeng word in sy kos een keer per dag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.