Childhood Diseases

Question
Posted by: desperate | 2010/10/20

Q.

excessive mucus/ear infections

Dr, help asb, want ek is regtig raadop. My seuntjie is 15 mnde oud en drink NIDO. Hy eet, drink en slaap baie goed. Hy kry gereelde oorinfeksies en het omtrent 7 weke terug grommets gekry. Daarna was hy vir ''n week gesond en toe weer ontsteking in die ore. Toe gee ons oordruppels voorgeskryf deur ENT vir 5 dae. Probleem toe opgelos. Net ''n week daarna, selfde maar die keer erg hoes ook en hy moes vir 5 dae gaan vir physio. Hulle het hom ook met duolin genebulise. Daarna was hy baie beter, dis nou 2 weke terug, maar hy is alweer nie lekker nie. Ek dink nie sy ore is seer nie, maar hy het wel baie slym in sy neusie. Ek probeer die nebuliser met saline gebruik maar hy hou regtig nie daarvaan nie. My kind was die afgelope 2 maande 3 keer op antibiotika. Ons het alergie toetse laat doen, en hy is vir niks allergies nie. Hy kry daagliks Sterimar en ek gee vir hom Scotts Emulsion en Alecet saans. Hy is in ''n creche.
Ek is bang hy kry weer oor ontsteking as ons nie die slym in sy neusie vinnig genoeg gesond kry nie. Saam met alles kry hy nooit hoe temperature nie, maar hy sal slegter eet en slaap wanneer hy siek is. So, dis baie moeilik vir my om te weet wanneer sy ore regtig ontsteek is.
Watter raad het dr vir my? Moet ek sy melk verander, kan ek hom terugsit op koeimelk, want ek het dit juis verander as gevolg van die mucus probleem. Hy drink nou NIDO. Kan ek voortgaan met nebulise (het nog duolin)?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Een ding is seker en dit is day jou seuntjie nie allergies is nie.Dus sal sy toestand nie verbeter indien jy ophou om vir hom Nido te gee nie. Die probleem le by die creche waar jou seuntjie aan een virus ontsteking en ander siektes na die ander blootgestel word. Met al hierdie medisyne en boonop 'n operasie vir grommets, hoe gouer hy by die huis of deur ouma opgepas word hoe beter. Hy het al die tekens van die 'creche-sindroom'.Intussen hou aan met die Sterimar neusspuit soggens en saans en met Scotts emulsion. Allecet sal nie help nie want hy is nie allergies nie.Hy het die grommets in sy ore en dit sal aanhou om te help om die vog van sy ore te laat uitloop.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Dannywxyd | 2011/01/25

Reply to Dannywxyd
Posted by: Arlene | 2011/01/20

My little girl is 19months now and have grommets and her ears is draining is that good - it is a lot.

Reply to Arlene

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.