Childhood Diseases

Question
Posted by: SJ | 2009-06-12

Q.

Esofageale atresie

My dogtertjie is ' n TOF (ESOPHAGEAL TRACHEOESOPHAGEAL FISTULA) baba en is gebore met haar slukpypie wat stomp eindig. Dit is herstel 2 dae na geboorte. Dit gaan goed met haar, maar met haar eerste dilatasie het hul haar geskeur en is sy weer opgeneem in die hospitaal. Ek het nou ' n baie goeie chirurg gekry om haar te dilateer en die tweede dilatasie het goed afgeloop, maar daar het nou ' n " pouch"  ontwikkel waarin die melk gaan lê  en was sy vir 3 dae op tee. Dit gaan nou weer beter en drink sy weer melk. Sy huil egter vreeslik baie en niks wat ons haar gee help of kalmeer haar nie. Ek het al alles probeer, van Cream Soda, Naomi se koliekmiddel, Karshagen se koliekmiddel, Rescue Remedy en Panado. Sy is nou 10 weke oud. Ek wil glo dat dit wel koliek is, maar dit wissel so baie dat ek nie weet wat aangaan nie. Partykeer is sy fine en skreeu sy glad nie, maar meestal is dit baie erg. Hoe lank neem koliek om op te klaar? Ek het gehoor 3 maande of 6 maande, maar ek hoop regtig vir eersgenoemde! My pediaters is egter glad nie bekommerd oor haar nie, maar ek soek ' n oplossing vir die skree buie.

Ek soek enige inligting moontlik wat u oor TOF babas het en voorstelle oor wat ek moontlik nog kan doen sodat sy beter kan voel.
Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek twyfel of jou baba se probleem deur koliek veroorsaak word. Die probleem mag wel as gevolg van refluks wees wat 'n soort sooibrand veroorsaak. Praat weer met haar pediater en beklemtoon die feit dat sy byna aanhoudelik huil en dat koliek middels geen goeie uitwerking het nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.