Childhood Diseases

Question
Posted by: Rene Cloete | 2010/05/05

Q.

erythema nodosum

Ek het ''n 9-jarige dogter met ''n uitstekende gesondheid. Twee jaar gelede egter, het sy groot rooi knoppe/bulte op haar bene gekry en na vele doktersbesoeke, bloedtoetse, sonars, velmonsters, ens is sy met erythema nodosum gediagnoseer. Sy het kortisoonbehandeling ontvang en na ''n tyd het hierdie onooglike, seer bulte verdwyn.

Nou, na 2 jaar het dieselfde toestand teruggekeer, maar net baie erger en het die knoppe/bulte ook op haar arms en bo-bene verskyn. Haar enkels en knieë  was ook styf en geswel. Ek is weer deur die dokters en al verklaring wat ek vir hierdie toestand kry is dat dit moontlik dalk die nagevolge is van die mangelontsteking wat sy ongeveer 6 weke gelede gehad het. Sy het egter in 2009 ook mangelontsteking gehad, maar met geen nagevolge nie!!

Kan dit werklik net toegeskryf word aan mangelontsteking en/of boonste lugweginfeksie? Is daar nie ander verklarings vir erythema nodosum nie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Erythema nodosum gaan gepaard met sekere siektes veral streptococcus onsteking wat veral mangelontsteking veroorsaak. Dit word ook gevind saam met TB en 'n ander siekte met die naam 'sarkoidose'. Jou dogter moet deur haar pediater deeglik ondersoek en getoets word om te verseker dat die regte diagnose gemaak word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.