Childhood Diseases

Question
Posted by: anita | 2011/03/04

Q.

erge maagpyn en mangels

Dankie vir die antwoord. Ons het opgelees oor die mesentric adenitis. Dit klink of dit kom en weer opklaar. Die outjie se maag het 2j terug al begin seer word, die laaste 6 maande is dit aanmekaar seer, en dit lyk of dit net erger word. Na hy geeet het is dit baie seer, baie kosse is alreeds uitgeskakel. Ons het hom by n pediater hier wat spesialiseer in maagprobleme, maar deur hom het ons nog nie n antwoord vir sy probleem gekry nie. Ons het weer Maandag n afspraak en hoop dat ons n beter aanduiding kan kry met die kliere wat gevoel kan word in die maag, vroeer was die kliere nog nie aanwesig nie, of dalk daar, maar nie so groot soos nou nie. Is die probleem wat hy het gevaarlik?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Mesenteric adenitis is glad nie gevaarlik nie en behoort gou op te klaar wanneer jou seuntjie se mangels verwyder word.Dit is waar dat hierdie probleem wel gewoonlik 'kom en gaan' maar ek vermoed dat jou seuntjie aanhoudend van maagpyn kla as gevolg van 'n 'kroniese' vorm van mesenteriese adenitis.Ek weet nie waar julle in Kanada bly nie maar indien moontlik probeer om met Dr Andre van Wyk te praat.Hy is 'n GP in Langley, BC en sy nommer is [604] 8882433.Hy sal bereid wees om baie goeie raad te gee en te help. Se dat ek jou seuntjie verwys het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.