Childhood Diseases

Question
Posted by: anita | 2011-03-02

Q.

erge maagpyn en mangels

Het vroeer al geskryf oor ons seuns 9j, se erge maagpyn. Van hy 5j oud is kry hy aanmekaar mangel en oor infeksies. 2j Terug sukkel hy nou met erge maagpyn, veral die laaste 6 mde. Baie toetse is al gedoen om die maagprobleem vas te stel, hy was 4 dae in die hospitaal met erge mangel ontsteking, n hoe koors en sy witbloedtelling was baie laag. Daar was eers gedink hy het probleme met sy niere, maar gelukkig is sy organe alles skoon, so is vir ons gese. Hy kan net sekere kosse eet, en eet al hoe minder. Sy maagpyn word net erger, het hom gister by ons huis dokter gehad, en hy se hy kan nou kliere in sy maag voel, wat beteken dit? Ek en my man dink heeltyd die mangels het te doen met die maag probleem, maar die dokters praat heeltyd om dit. Hy het Nov, Des, en Febr mangel ontsteking gehad, en dit lyk of die mangels nie opgeklaar het nie, dit bly hom pla, en hy sukkel soms om te sluk. Die maagpyne was eers moeilik om vas te stel, en was toe vir n hele ruk onder by sy naeltjie en na albei sye toe, nou is dit by sy naeltjie en boontoe op, en kla van n brandpyn en soms is dit ook n steekpyn. Veral nou baie seer na hy geeet het. Ons bly nou in Canada, en die gewag met die medies maak dit soms frustrerend, ons is op n jaar waglys om sy mangels te kan uithaal, ons dokter probeer kyk vir kansellasies. Die maagpyn gooi ons nog rond weet nie of dit wel van die mangels afkomstig is nie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem saam dat jou seun se klagtes te doen het met sy aanhoudende mangelonstekings. Ek vermoed dat sy diagnose die van 'mesenteric adenitis' is-lees verder op Google.Dit is belangrik dat sy mangels uitgehaal moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.