Childhood Diseases

Question
Posted by: anita | 2011/01/25

Q.

Erge Maagpyn, 9j oud

Ons seun, 9j oud, het oor en mangel probleme sedert hy 5j oud was. Dus aanmekaar antibiotika, elke jaar. Die laaste ruk kla hy van n maag wat baie seer is, dag en nag, en slaap baie sleg agv daarvan. Kan ook sekere kosse nie meer eet, soos rooi vleis, koek, brood en vrugte sappe. Hy eet deesdae al hoe minder. Het al bloedtoetse gedoen, maar niks gevind, net dat hy hardlywig is, dit het ons nou onder beheer, met natuurlike goed. Maar die pyne is nog daar en hewig. Waarna kan ons verder kyk en wat is die volgende stap om te neem, ons is regtig raadop en soek dringend raad.

Groete
Anita

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is baie bekommerd oor jou seun se aanhoudende maagpyn. Dit is baie belangrik om 'n vaste diagnose te maak. Is die dokter heeltemal seker dat hy nie 'n blindederm infeksie het nie?'n Ander moontlikheid is 'mesenteriese adenitis' wat dikwels gepaard gaan met mangel onsteking.Ek is verbaas dat jou seun nog nie verwys is aan 'n pediatriese chirurg.Dit is belangrik dat hy so gou soos moontlik deur 'n spesialis ondersoek moet word al is dit na ure.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: anita | 2011/01/27

Dankie vir bg raad, ek leer maar nog hoe die rekenaar werk. Ek het oorgeskuif na n nuwe dokter vir hom en dit lyk of hy ook hom na n ander pediater gaan verwys, almal SA dokters, hoop ons kom die keer reg, wag nog vir n afspraak by die pediater.

Groete

Reply to anita
Posted by: Maria | 2011/01/26

Anita die pediater gaan nie jou boodskap sien nie, jy moet ''n nuwe draad begin. Sjoe, hier in donker Afrika sou ek nou net die kind na ''n ander pediater toe gevat het.

Reply to Maria
Posted by: anita | 2011/01/25

Dankie vir die inligting. Ons bly nou in Kanada, en die sisteem werk bietjie anders hier. Ons dokter het hom na n pediater verwys, die het die bloed toetse gedoen, en n x ray, maar net gevind hy was hardlywig, wat wel die geval ook was. Verder al medesyne wat hulle die ou gegee het was om sy maag te laat gaan, wat nie gewerk het nie, en niks vir die pyn. Ek wil graag by die oorsaak uitkom. Sy maag gaan, maar ons moet dit nog dophou, maar hy kla nog steeds van erge pyn. Ek het nou oorgeskuif na n ander dokter, die het hom op medikasie vir n maag seer, sonder dat daar gekyk is of hy dit wel het. Sal dit help as hulle n gastrokopie doen op hom?

Groete
anita

Reply to anita

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.