Childhood Diseases

Question
Posted by: anita | 2011/01/27

Q.

Erge maagpyn

Dankie vir die raad, wil net weet of dit dalk ook n maagseer kan wees. Dit is maar nog moeilik vir hom om pyn te beskryf. Soos wat hy dit beskryf het was dat dit voel of iemand in sy maag sit met n geweer en sy maag vol patrone skiet. Sien die week dat hy se dat dit voel of sy maag " is on fire" . Ek het van dokter verander vir hom, en dit lyk of hy ons na n ander pediater gaan stuur ook, wag juis vir n afspraak. dit lyk of die dokter vir ons meer doen. Ons sit ongelukkig hier in Kanada en hulle mediese sisteem werk heel anders, soms frustrerend, het gelukkig op SA dokters afgekom. Jy moet maar wag en sien wanneer jy gehelp kan word. Dit bly maar moeilik vir hom om te eet, want dit lyk my alles begin hom nou vang. Die seerste deel begin laat middag en dan die aand. Ek het eers gedink dit is krampe, maar dit is heel iets anders.

Groete
Anita

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is verbaas dat jou seun nog nie deur 'n spesialis ondersoek is nie. Ek glo nie dat jou seun 'n maagsweer het nie. Hierdie diagnose kom redelik selde voor onder kinders van sy ouderdom en sy simptome pas nie hierdie diagnose nie.Ek verwag dat sy diagnose die van mesenteriese adenitis sal wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Rita | 2011/02/08

Sukel al 4mnde met erge maag en rug brandpyn.

Reply to Rita

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.