Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerde mamma | 2009/08/19

Q.

Epilepsie of ' n metaboliese siekte?

Hallo Dokter, hoop ek sal antwoorde kan kry. Ons het ' n tweeling van 5 mnde en dogter van 4 jaar. Al drie het net na geboorte konvulsies gekry. Op die oomblik gaan dit goed met dogter, sy is van Topamax af en nou net op Pyridoxine, Sy het 28 Des 2006 laas konvulsies gehad nadat sy status epilepsie gehad het. Sy het spraakprobleem en het agterstand. Tweeling het al konvulsies gehad net na geboorte, 1 mnd oud en op 4 mnde. Is tans op Phenobarb, Vit B12 en L-Carnitine. Pediater het uriene laat toets vir metaboliese sifting en nou wys al drie kinders moontlike Lysine protein intoleransie. Maar geen konvulsies word genoem by die kliniese diagnose as ek op internet navorsing doen nie. Watter kant toe nou? Wil graag die beste vir my kinders doen en nie hul gesondheid benadeel om op baie medisynes te wees indien dit nie nodig is nie. Watter spesialiste kan my help. Het EEG op almal laat doen, is normaal. Kan eers in Okt ' n pediatriese neuroloog gaan sien. Dankie vir die tyd om dit te lees, hoop daar is antwoorde vir my?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie vir hierdie vraag. Ek moet jou pediater gelukwens met sy diagnose van lysine protein intoleransie. Net 100 kinders met hierdie diagnose is tot dusver gediagnoseer.Kinders met lysine protein intoleransie moet op 'n lae protein dieet wees.Dit is nodig om in die eerste plek 'n dieetkundige te raadpleeg in verband met hierdie soort dieet.Dit is ook belangrik om 'n ander pediatriese neuroloog te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.