Childhood Diseases

Question
Posted by: Fransie | 2012-07-19

Q.

Epilepsie en neusbloeding.

My dogter van 7 jaar was vir 2 jaar op epilim. Sy is in Januarie daarvan gespeen, na toetse, wat ''n mate van hiperaktiwiteit en dan ook motor neuron sensitiwiteit getoon het. Die spesialis wil haar nie op medikasie vir hiperaktiwiteit sit nie want sy voel dit is nie so erg nie en is bang dat dit die epilepsie weer kan aanwakker. Op haar advies hou ons haar goed dop en haar onderwyser is ook baie goed opgelei in hierdie gebied. Wat my egter kwel is dat sy so een of twee keer per week neusbloeding kry. Ons probeer daagliks om Bactroban Nasal in te smeer, maar ek weet nie of dit nie nadelig is vop die langduur nie. Ek wil ook graag weet waar ek meer inligting oor motor neuron sensitiwiteit kan kry en dinge wat ek dalk met haar kan doen om haar te probeer help om haar sensitiwiteit te oorkom. Ek neem haar elke vakansie terug na spesialis arbeidsterapeut toe vir behandeling, maar ons bly op ''n plaas en is ver van die stad, ek wil haar graag tussenin help.

Dankie vir die goeie advies en raad wat u gee.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogter is al vir twee jaar gespeen van die Epilim. Een van die newe effekte van Epilim is neusbloedings, maar dit is nou te lank terug dat sy laas Epilim geneem het dat dit nog die rede vir haar onlangse neusbloedings kan wees.Die beste sal wees om 'n ONK spesialis te vra om jou dogter te ondersoek indien sy enige behandeling nodig het.
Ek is jammer maar ek kan geen inligting vind ivm 'motor neuron sensitiwiteit' en ook niks oor 'motor neurone sensitivity' nie.Probeeer om self op Google te soek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.