Childhood Diseases

Question
Posted by: marlize | 2011-09-21

Q.

epilepsie

my dogertjie is nou 2 jaar oud en soms as sy huil sal sy haar uithuil en ophou asem haal. Maar dit was nou al twee keer so erg dat sy inmekaar trek. Dan sal sy bykom net om slap te word en heeltema op te hou asem haal. Dan moet ons haar mond tot mond asemhaling gee. Kan dit epilepsie wees.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is nie epilepsie nie, maar tipiese 'breath holding' aanvalle. Hierdie probleem kom baie dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom. Aanvalle sal plaasvind wanneer sy nie haar sin kan kry nie of wanneer sy baie kwaad word. As haar ouers sal julle natuurlik erg skrik wanneer sy ophou met asemhaling, maar sy sal altyd weer vanself begin asemhaal. Sy sal miskien baie bleek lyk en ook miskien effens blou wees in haar gesig maar sy sal weer begin om asem te haal. Blaas saggies op haar gesig wanneer sy 'n aanval kry. Sy sal hierdie gewoonte redelik gou ontgroei.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.