Childhood Diseases

Question
Posted by: Gee moed op | 2008/08/04

Q.

Ekseem

My dogtertjie is amper 21 mde oud. Sy het ekseem kolle op haar skouers en plekkies op haar rug.
Ek het die volgende produkte al gebruik, maar dit wil net nie genees nie : Advantin Milk, Tissue salts 4, Pegasus histamine comp 30c, Natura Calendula plus room, Weleda Eczema Ointment, Bioharmony Sutherlandia unwele gel, E45 Cream 500G Jar en dan bad ek haar in Annique se Baby bath en smeer haar ook met Annique se Baby lotion.
Iemand het voorgestel dat ek Oilatum junior - cream op haar vel gebruik, dit sal blykbaar keer dat haar vel droog raak en meer jeuk.
Wat stel julle voor moet ek gebruik en wat moet ek los? Is daar ook iets anders wat ek kan gebruik wat wel sal werk.
Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is belangrik om eers 'n vaste dignose te maak van jou baba se veluitslag. Is dit werklik ekseem of is die uitslag 'n ander probleem wat ekseem naboots soos seborrhea?Dit is nodig om of jou pediater of 'n dermatolooog te raadpleeg om haar uitslag te diagnoseer. Daarna sal die regte behandeling voorgeskryf kan word. Intussen kan jy Epimax gebruik om haar droee vel te geneees veral na dat sy gebad is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: J | 2008/08/06

Bad my dogtertjie - 18 mnde- in Epizone A Bath Milk en smeer haar met Epizone A room en gebruik Zyrtec druppels mondelings elke dag en ekseem is onder beheer.

Reply to J
Posted by: Help ook | 2008/08/05

Ek gebruik Cream Clasique oitment om by dogtertjie te bad en dan smeer ek haar met Cream Clasique oitment wat met persivate gemeng is. Jy kry dit by dischem en het ' n voorskrif nodig vir die mengsel

Dit werk vir my dogtertjie.

Sterkte
Weet hoe jy voel

Reply to Help ook
Posted by: help graag | 2008/08/04

epizone e om haar te was en epimax om haar uit te smeer hoop dit werk vir haar wand dit het vir my gewerk

Reply to help graag

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.