Childhood Diseases

Question
Posted by: Estelle | 2009-05-05

Q.

ek soek raad

My seuntjie word 3.Hy slaap in sy eie kamer,in sy eie bed.In die aande as hy gaan slaap,moet ek of my man by hom le totdat hy aan die slaap raak.Ons los die badkamer lig aan,so dit is nie helemal donker nie.Hy slaap baie goed,maar om en by 3 uur in die nag (elke nag) word hy wakker en huil dat ek hom moet gaan haal.Ek het al probeer om hom te ignoreer dat hy weer aan die slaap sal raak,maar hy huil net eenvoudig al hoe harder.As hy in ons bed slaap,kry nie ek of my man genoeg slaap in nie.Sal dit wys wees vir my om ' n flou lig in sy kamer aan te los.Ek wil hom nie regtig gewoond maak aan ' n lig nie,maar op die stadium sal ek enige iets probeer..HELP asb.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is 'n baie goeie idee om 'n flou lig in sy kamer aan te los. Dit is belangrik dat jou seuntjie in sy eie bed moet slaap en moet hom nie toelaat om in julle bed te slaap nie. Al begin hy om te huil wag vir 5 minute voordat jy na hom gaan en na 'n minuut of so keer terug na jou bed. Indien hy weer begin huil moet hy eers vir 6 minute huil ens. Lees meer oor die 'controlled crying method' op Google.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.