Childhood Diseases

Question
Posted by: tears | 2011/09/08

Q.

eie kamer slaap hulp asb

GOeie more,

Ek sukkel en sukkel. Ek het dringend hulp en raad nodig. My dogtertjie word februarie 5 jaar oud. Sy het tot die naweek toe by ons in die kamer geslaap en as my man oorsee was saam met my in die kamer.

Ons het besluit tot hiertoe en nie verder nie. ONs het die naweek vir haar''n bunkbed gekoop wat sy wou gehad het om in te slaap maar dit is steeds ''n stryd. Ek moet steeds langs haar le in die aand dat sy gaan slaap en in die nag as ek teruggaan na my kamer kom soek sy my of huil.

Ek lees vir haar voor sy gaan slaap volg ons roetine wat ons altyd het maar as sy hoor dis tyd om kamer toe te gaan begin sy te huil. Dit is asof sy bang is om alleen te wees en ek het haar al hoeveel keer verseker dat daar niks is om bang te wees nie en dat mamma en pappa steeds lief is vir haar maar groot dogtertjies hoort in hul eie kamer.

Sy was as baba in die eerste 2 lewensjare in en uit die hospitaal.

Help asb.

Baie dnakie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is verstaanbaar dat jou dogter dit moeilik vind om nou alleen in haar eie bed te slaap. Sy het al gewoond geraak om saam met jou in die bed te slaap varal terwyl haar pa oorsee was. Hou aan met die nuwe roetine wat net reg is. Hou ook aan om haar aan te moedig en te se dat sy nou 'n groot meisie is. Indien sy probeer om in die nag in jou bed te klim moet sy dadelik weer na haar eie bed toe geneem word.Moet nie eers een aand toelaat dat sy weer in jou bed klim nie.Sy sal in die begin miskien huil maar met tyd sal sy leer dat sy voorentoe in haar eie bed in haar eie kamer sal moet slaap.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.