Childhood Diseases

Question
Posted by: Nina | 2012/01/31

Q.

eet gewoontes van 8 maande baba

Hi dr, my baba dogtertjie is nou amper 8 maande oud en is tans op 3 etes per dag wat bestaan uit pap, groente en dan vrugte. Ek borsvoed nog eksklusief maar ek sukkel om haar te kry om te drink deur die dag. Ek het haar soliede kosse bietjie verminder om te kyk of dit haar nie meer honger gaan maak vir haar melk nie maar die enigste manier wat ek haar kan kry om te drink is wanneer sy slaap. In die aande sal sy dan weer tussen 2 en 4 keer wakker word wat sy gewoonlik bietjie sal drink. Is dit normaal en hoe kan ek haar kry om meer melk in te neem. Sy weeg nou net oor die 7kg.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gemiddelde gewig vir 'n baba van 8 maande is byna 8.5kg.Jou baba se gewig is dus in die laagste 25persentiel van baba dogters van 8 maande.Dit is belangrik dat sy eers most borsvoed voordat sy haar vaste kos eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Alice | 2012/02/01

Nina,

my dogtertjie is nou 18 maande oud en weeg steeds nie 10kg nie..... en sy is lank vir haar ouderdom.
Haar pediater het gesê  sy is n gesonde dogtertjie en ek kan haar meer pasta en aartappels gee, maar sy is ok. Haar gewig is nie n probleem nie. Sy is net fyn gebou. (Al was ek en haar pa lekker vet baba''s)

Sterkte

Reply to Alice

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.