Childhood Diseases

Question
Posted by: Amelia | 2010/07/12

Q.

Droee kolle/ekseem

Goeie dag en byvoorbaat dankie vir ''n raad.
My dogtertjie is nou 2jaar en 3maande. Dit is nou winter en ek sukkel met haar vel. Sy kry sulke droee kolle(sirkel vormig amper soos ''n omloop) op haar vel, al was ek haar in die aand met Elizabeth Anne se baby wash(die room vorm) en smeer haar goed met baba aques room(" Fragrance free" ). Ek sukkel met dieselfde probleem en gebruik nou Eucerin se Repair Lotion 10% UREA wat regtig werk. Kan ek dit vir haar ook gebruik? EK wil nie elke keer die sere met quadrederm moet reg dokter nie. Ek soek asb. iets om dit mee te verhoed. Ons het ''n familie geskiedenis van Asma en ekseem.
Sy drink ook elke aand Zyrtek.
Weereens baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou dogtertjie 'n spesifieke tipe ekseem het met die naam 'numular eczema' Hiedie is 'n moeilike vorm van ekseem om te behandel. Dit is nodig om eerstens 'n dermatoloog te raadpleeg om die regte diagnose te maak.Die 10% urea in die room sal miskien haar veluitslag vererger.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Sam | 2010/07/12

HI my seuntjie het dieselfde probleem - ek gebruik Epizone E vir die bad (maak net seker dis die salf vorm) en Nutraderm / SBR vir bevogtiging. Elizabeth Annes gee vir hom vreeslik ekseem - ek dink dit het te veel parfuum in. Sterkte.

Reply to Sam
Posted by: SAM | 2010/07/12

Reply to SAM

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.