Childhood Diseases

Question
Posted by: Annie | 2012/07/26

Q.

droë  vel

My dogtertjie (24 maande) het ongelukkig my droë  vel gekry.
Sy is ook geneig tot ekseem en ons gebruik meestal pears seep met Elizabeth Anne se pot aquas room met die blou deksel vir sensitiewe vel.
Op die oomblik (so n week) gebruik ek egter Elizabeth Anne se pienk baby shampoo &  body wash omdat dit lyk of die pears seep haar vel verder uitdroog.
Sy het al allergiese reaksie gekry van Johsons se badprodukte  Aquaroom en selfs hul vaseline. Ook vir n hele klomp ander produkte het ekseem veroorsaak. So ons is baie versigtig vir iets nuut. (Laaste reaksie op Johnsons was so 2 mnde gelede)

Ek het laas week Donderdag begin om Nivea se blou lyfroom aan haar gesiggie te smeer en sommer my gesigroom vir droe vel met faktor 15 sonskerm aan haar gesig. Haar lyfie het gou vogtiger geraak, maar rooi kolle het begin verskyn.
Ek dink nie hierdie kolle is ekseem nie, dit lyk eerder soos wanneer baie droë  vel begin genees. Kan ek steeds Nivea vir haar gebruik (dit werk die beste op my eie vel) of is sy te klein daarvoor?



n GP het Maandag aanbeveel dat ek Epi-max Plus room gebruik. Ek het begin daarmee Maandagaand maar hou steeds by my gesigroom (neutrogena) op haar gesiggie - dit het geen negatiewe gevolge en lyk of die werk.

Op die Epi-max plus pot staan egter dat kinders dit nie moet gebruik nie en ook dat dit nie op sensitiewe vel aangewend moet word nie.

Is dit veilig om te gebruik, of moet ek eerder iets anders gebruik?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag. Epimax is beslis die beste behandeling vir droee vel in kinders met ekseem. Jou dogtertjie moet egter net die gewone [geel deksel] Epimax room gebruik en nie die Epimax Plus nie.Hierdie room kan ook op haar gesiggie gebruik word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.