Childhood Diseases

Question
Posted by: Rina | 2010/05/24

Q.

Dringende navraag

My kleinkind (dogtertjie van 3 en ''n half jaar) het ''n baie slegte gewoonte aangeleer om haar mondjie en neus aanhoudend af te vee. Haar lippies en vel rondom die mond is al bloedrooi en baie gevoelig. Ons smeer room aan maar sy hou aan om dit te doen. By navraag sê  sy dat haar mond en neus voel heeltyd nat, maar dit is nie so nie. Ons weet nie meer wat om te doen om haar dit af te leer nie en is al baie moedeloos want sy gaan begin seertjies kry op haar vel en mond. Ons het navraag by die kleuterskool gedoen om te hoor of iemand anders ook so maak maar daar is niemand wat ''n soortgelyke gewoonte het nie. Nou vra ek bietjie raad as haar ouma! Asseblief.
Groete

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie gewoonte is bekend as die 'allergic salute'[allergiese saluut] en gebeur as gevolg van 'n allergiese neus kwaal.Haar neus jeuk en is aanhoudend toe.Die uitslag om haar mond is bekend as 'lick eczema' [lek ekseem] en is ook as gevolg van 'n toe neus. As gevolg van haar toe neus sal sy deur haar mond asem haal en haar lippe sal droog word. As gevolg hiervan sal sy haar lippe aanhoudend lek wat sal lei tot hierdie moeilike veluitlsag om haar mond.Sy moet 'n pediatriese allergis raadpleeg. Daar is pediatriese allergiste in al die stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: DANIEL LANDY | 2010/08/02

ek het n 3wke oue baba dogter en haar neusie bly toe ,asgevolg skreeu sy baie en kan nie geslaap kry nie benodig raad asb
baie dankie

Reply to DANIEL LANDY

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.