Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2008/06/24

Q.

Dringend: Diarree

Dokter, ek is moedeloos! My seuntjie is amper 16 maande. Nou al amper twee maande sukkel hy aan en af met diarree. Sodra hy gesond is en weer skool toe gaan, dan is dit nie lank nie, dan het hy dit weer. Nou die laaste keer (2 weke terug) het ek vir dokter geskryf en gesê ons het sy stoelgang ingestuur en die uitslag was Rotavirus. (Hy is ingeënt daarteen). Hy is laasweek weer terug skool toe en sowaar bel die skool my vanoggend en sê ek moet hom kom haal. Hulle moes hom glo bad so vuil het hy hom gemaak. Hulle sê daar is nie ander kinders wat nou diarree het waar hy dit kon kry nie. Ek en my man is albei gesond en ons lewe baie skoon. Ek was sy bottels ordentlik en steriliseer dit. Wat moet ek doen? Sal dit help as ek permanent Reuteri pilletjies vir hom gee? Hy drink Parmalat First Growth Melk. Hy is andersins baie gesond.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie keer na 'n erge infeksie bv Rotavirus, gebeur dit dat babas 'n tydelike laktose intoleransie ontwikkel. As gevolg van dit kom daar aanhoudende diarree voor. Probeer om hom heeltemal af te haal van alle melk en suiwel produkte vir minstens 10 dae en sien of daar 'n verbetering is. Gebruik soja melk in plek van sy gewone First Growth melk. Indien daar geen verbetering is nie sal dit nodig wees om sy pediater raad te pleeg in verband met hierdie aanhoudende/kroniese diarree.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: onseker | 2008/09/01

goeie dag
my seuntjie is 2jaar en 4maande sy maag spoel maar nie so baie nie,
hy wil ook glad nie eet nie,hy gooi baie op in die aande.
ek wil net weet wat ek vir hom kan gee sodat hy nie meer so opgooi nie.ek het asb raad nodig,hy drink net swart tee

Reply to onseker

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.