Childhood Diseases

Question
Posted by: KA | 2013/01/28

Q.

Dogtertjie loopmaag

My 20 maande oue dogtertjie het Sat oggend opgestaan met n loopmagie. Sy het net 2 los doeke op n dag maar Sondag wou sy glad nie eet nie, nie haar pap (waarvoor sy baie lief is), nie tee bottel, niks vir middag ete of aandete, nie yogart, vrugte of enigiets nie. Sy het net haar middag melk bottel gedrink, water en sap en gisteraand haar bed melk bottel. Sy het geen koors nie. Sy speel normaal. Kou net die dummy of enigiets wat in haar mond kan gaan vreeslik. Die doeke is geel waterig. Is dit diarrhea? Moet ek vir haar iets gee of sal dit self oorgaan? Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou dogtertjie die tipiese simptome van 'toddlers diarrhoea' het. Wat hier belangrik is,is die feit dat sy geen koors het en glad nie siek lyk nie. Hierdie sort diarree word gewoonlik deur fruktose in haar dieet veroorsaak. Fruktose is die natuurlike suiker wat in vrugte gevind word. Dit is belangrik om alle vrugtesappe te vermy en ook enige vrugte vir drie tot vier dae. Daarna kan sy veral appels en piesangs eet maar baie min ander vrugte en geen waatlemoen of spanspek nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.