Childhood Diseases

Question
Posted by: lee | 2010/03/24

Q.

Dogtertjie kort-kort wakker

Goeiedag Dokter,

My 20mnde oue dogtertie is vir die afgelope 2 aande elke 40minute wakker. Sy gaan slaap 7 uur en dan van so 00.30 af is sy konstant wakker. Sy het haar melk by haar, haar doek is droog. Dit is asof sy nagmerries het en slaap dadelik weer verder as ek haar dummy vir haar gee... Sy het geen simptomes van ''n siekte nie.

Wat kan dit wees en wat kan ek doen?

Baie dankie...

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is nie die simptome van 'n siekte nie, maar kom voor as gevolg van nagmerries [ 'night terrors'] Hierdie probleem kom baie dikwels voor onder hierdie ouderdoms groep en is gewoonlik net tydelik.Daar is miskien iets by haar kleuterskool wat haar pla maar in die meeste gevalle kan geen redes vir hierdie nagmerries gevind word nie.Dit is nodig om na haar bed te gaan wanneer sy wakker skrik en om haar te sus. Sy sal gou weer aan die slaap raak. Dit sal miskien ook help om 'n nagliggie in haar slaapkamer te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.