Childhood Diseases

Question
Posted by: Louise | 2011/06/08

Q.

Dogter (6) vreeslike honger

Goeiedag dokter
My dogtertjie is nou 6 en sal in Oktober 7 jaar oud wees. Ek het opgelet die laaste tyd eet sy vreeslik en bly sy gedurig honger. Ek kan verstaan dat soos sy groei sy meer eet. Ek het haar so 3 weke gelede by die Pediater gehad vir haar 6 maande check up en ook omdat sy asma lyer is. Ek het aan die Pediater genoem dat sy vreeslik eet en hy het gese dis nie ''n probleem nie.
Haar daaglikse ete is deesdae Pro nutro in die oggend, 1 toebroodjie om by die skool te eet. Vanmiddag as sy by die huis kom eet sy ''n vrug en een of partykeer selfs twee toebroodjies, nie lank nie dan sal sy iets soek om te eet, dan gee ek gewoonlik kaas of joghurt of sy sal nog ''n vrug eet. Meestal piesang of lemoen of appel. En teen so 4:30 die middag se sy weer sy is honger en dan gee ek die aandete vir haar. Vanaand 7 uur as ek eet dan is sy weer honger en wragtig as sy bed toe gaan 8:15 dan se sy dat sy honger is. En dan so 3 keer ''n week kry sy iets lekker om te eet soos jellie lekker of simba chips of malva lekkers.
Sy is nie ''n oorgewig kind nie en het nog nooit so baie ge eet nie. Sy het altyd maar pap in die oggend, 1 vrug, joghurt en toebroodjie geeet en dan wou sy partykeer nie eers aandete he nie

Ek wil nou net weet of dokter iets kan voorstel wat ek vir haar kan gebruik want vandag sy so vreeslik eet is sy baie winderig en waar ons normaalweg met die reuk kan saamleef is dit regtig verskriklik erg. Ek weet seker nie of dit ''n rede is om raad te vra nie, maar ek moet net seker maak. Ek weet ook nie of dit is van al die eet nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogter se eetlus is miskien net as gevolg van haar ouderdom en die feit dat sy nou vinnig groei, maar dit is belangrik om seker te maak dat sy nie aan diabetes ly.Haar uriene moet getoets word. Dit sal ook help om vir haar 'n goeie probiotika vir een maand te gee soos bv Probiflora4 een elke dag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Louise | 2011/06/09

Dankie vir u antwoord. Ek gee so elke 6 maande iets vir ontwurming. Is dit reg so?

Reply to Louise
Posted by: Mamma | 2011/06/09

ek dink nie dis iets om oor bekommerd te wees nie. Hulle is so aktief op hierdie ouderdom. Hoe gereeld ontwurm jy haar?

Reply to Mamma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.