Childhood Diseases

Question
Posted by: Amy | 2011/05/31

Q.

Dogter 3 met bottel

Goeie dag en byvoorbaat dankie vir die hulp.
Ek weet nie of dit regtig ''n probleem is waarmee u my kan help nie maar ek is raadop.
My dogtertjie is 3jaar oud. SY was al op 2jaar van haar doeke af en drink al van 5maande nie meer in die nag bottel nie. Sy drink ook glad nie ''n bottel voor sy gaan slaap nie. Die probleem is sy weier om by die huis uit enige iets anders as haar bottel te drink. By die vorige dagmoeder waar sy was, het ek later uitgevind dat toe ek haar van die bottels probeer af kry het, het hulle as sy geweier het om uit ''n koppie te drink haar mond oop geforseer en dan die melk/sap in haar mond gegooi. By haar nuwe skool drink sy glad nie bottel nie. Maar my probleem is by die huis. Ek het verlede jaar probeer om die bottels net weg te vat en sy het toe vir amper ''n week NIKS gedrink nie. Ek het toe noodgedwonge dit terug gegee. Moet my asb. nie kruisig nie. EK het al alles probeer. Verskeie ander bekertjies, mooi praat ens. Hoe moet ek maak?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem kom baie dikwels voor. In jou dogtertjie se geval is die probleem beslis vererger deur die slegte behandeling wat sy by haar vorige creche ondervind het.Dit is regtig 'n skande dat hulle nog hulle lisensie behou.Lees aub my antwoord aan 'Elzabe' op 20011/05/30. Sy ondervind het presies dieselfde probleem met haar dogtertjie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: HMom | 2011/05/31

Ag need moenie jou so bekommer nie. My dogtertjie is ook nog op die bottel (net as sy opstaan - haar melk/ tee in die oggend en haar tee as sy opstaan in die middag). Hulle sal van self die bottel nie meer wil vat nie. Dit is nie as of hulle van niks anderste drink nie. My doggertjie drink uit alles uit - koppies, " plastiek"  glassies vir koeldrank - sy hou net van haar botteltjie as sy opstaan - dit is n troos en ek gaan nie dit weg vat nie....

Reply to HMom

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.