Childhood Diseases

Question
Posted by: sannie | 2012/11/29

Q.

dieet en 18 maande oud dogtertjie

Hi dr, ek wil net uitvind of my dogtertjie se dieet reg is. Sy is n week van 18 maande en weeg nou so net oor die 9kg. EK en my man is albei klein mense so ek dink dis geneties ook die feit dat sy so klein en fyn gebou is. Sy is beborsvoed tot n jaar maar wil glad nie melk drink nou ni nie.Ek het al alles probeer maar sy sal net n slukkie of 2 vat en dan niks meer nie. Sy eet soos volg: ontbyt n volroom yoghurt en toddler pronutro met volroom melk. Gedurende die oggend gee ek vir haar snacks soos ryskoekies, kaas blokkies en sy kry altyd gemengde vars vrugte of n vrugte smoothie. sy vat dan haar nap en as sy wakker word so tussen 3 en 4h dan eet sy n groot middagete wat bestaan uit n vleis, stysel en groente. sy sal dan in die aande baie klein eet omdat sy so laat middagete geeet het. Ek gee gewoonlik ietsi soos n bakkie met opgesnyde kasies, groente, vrugte, viennas ens. of n broodjie met peanutbutter en heuning of dan avo. Sy eet ook maklik n tuna/hoender mayo broodjie. soms sal sy n mini pizza ook eet. miskien n yoghurt. Soms eet sy redelik ander kere wil sy omtrent niks eet vir aandete. Deur die dag drink sy rooibos tee en water of nou en dan maak ek vir haar van daardie purity vrugte konsentraat wat ek verdun met baie water. Sy is baie gesond en aktief. net baie klein en fyn gebou. Ek wil maar net seker maak of haar dieet voldoende is en indien nie, wat moet ek verander?

Sien uit om van dr terug te hoor! ek is maar n baie " paranoid"  ma!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek het pas uitgevind dat my votige antwoord aan jou vraag erens verdwyn het. Jou dogter se dieet is baie goed. Al is haar gewig ver onder die gemiddeld vir haar ouderdom,is sy gesond en aktief.Die feit dat sy klein en fyn gebou is kan toegeskryf word aan genetiese faktore.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.