Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerde suster | 2009-11-04

Q.

Diaree - maagvirus??

Is dit moontlik dat ' n maagvirus aktief kan wees vir meer as 2 weke? My sussie se seuntjie, 18 maande oud het erge diaree ontwikkel 2 weke terug. Sy was intussen 4 keer met hom by die dokter en dit word glad nie beter nie. Hulle het nie ' n mediese fonds nie, dus is hulle by basies sorg dokters. Sy gee vir hom baie vloeistowwe en hidrasiemiddel en hy toon nie tekens van ontwatering nie, maar dit kan tog nie so aangaan nie? Hy het nou al 2 kursusse antibiotika ook gedrink, eet nie en is baie pap. Hoe gaan sy kan uitvind wat eintlik fout is en hoe om dit stop te sit? Is daar enige raat?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die maagvirus wat hierdie probleem begin het is nie meer die oorsaak van sy aanhoudende diarree.Jou suster se seuntjie het miskien 'n tydelike vorm van laktose intoleransie ontwikkel as gevolg van erge gastroenteritis.Die antibiotikas sal die probleem net vererger. Hou op met die antibiotikas en gee vir hom 'n probiotika soos bv Reuteri druppels 5 druppels elke dag vir 10 dae.Moet hom nie melk gee nie en ook geen suiwel nie.Hy kan soja melk drink. Hy behoort na 2 tot 4 weke beter te word en kan weer melk en suiwel toe begin eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Jaco | 2009-11-16

Ons seuntjie is 13 maande oud, hy het laas week erg naar geword en kon nie kos inhou nie dit het vir twee dae aange gaan en is gelukkig weg maar nou het hy diaree die afgelope week, ons gee hom water en re hydrate as vloeistof en probeer geen melk gee nie maar hy word tussen middernag en 6 uur in die oggend wakker vir n bottel en wil dan niks van water weet nie, so om hom te kalmeer gee ons maar weer Formula, hy is tans op NAN2 kan dit dalk die Formula wees, ons dink daaraan om Parmalat se first Growth Melk te probeer. Ons is gese net n pediater kan se as jy hom op soya melk moet sit so ons is bang om dit net te doen. Hy het gewig verloor want hy eet ook nie meer so baie as wat hy altyd gedoen het nie.

Reply to Jaco
Posted by: anoin | 2009-11-04

rehydrate will help to reduce the diaree also more solids will help more of the rice stach or cabodhytes to her

Reply to anoin

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.