Childhood Diseases

Question
Posted by: Annie | 2010/09/06

Q.

Deur slaap

Hi Doc, my seuntjie is al 1 jaar oud en huil nog in die nag vir sy bottel. Hy is tans besig om kiestande te sny en wil dan nie deur die dag eet nie, net melk drink. Is hy dan rerig honger in die nag of is dit net n gewoonte en hoe kan ek dit afleer? Ek het hom al probeer water gee maar dan moan hy tot hy sy melk kry. Hy is ook gewoond om bedags aan die slaap gesis te word, hoe kan ek dit afleer want hy gaan volgende jaar na n kleuterskool toe en ek wil hom solank gereed kry daarvoor.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek glo nie dat jou baba seuntjie honger is wanneer hy elke nag wakker word en begin huil tot dat hy sy bottel melk kry om te drink.Dit lyk wel asof dit 'n gewoonte is.Hy sukkel not ook met sy kiestande wat begin deurkom.Hy is ook gewoond om eers gesis te word voor hy aan die slaap sal raak in die dag. Hoe om 'n die kort termyn hierdie gewoontes te verander of te stop is nie 'n maklike vraag nie.Die enigste oplossing is hom nie te sis nie, hy sal eers nie will slaap nie maar sal uiteindelik begin vaak raak en self aan te slaap raak.Hou 'n bietjie langer aan om sy bottle in die nag te gee en wanneer hy 15 maande oud is en nog met hierdie gewoonte aanhou,sal die beste wees om die 'contolled crying' metode te gebruik [kyk op Google]

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.