Childhood Diseases

Question
Posted by: Linda Nortje | 2011-02-07

Q.

DDAVP

Goeie dag Dr.
Ek dink jy het seker al die storie ''n 1000 keer gehoor, maar ek dink nie die dokters besef waardeur ons gaan nie!!
My seuntjie is 6 en in graad 1 en moet nog met ''n doek slaap.
Ook al alles probeer en tans op 4mg DDAVP vir die afgelope 2 en1/2 jaar. Was ook by ''n uroloog en alles is 100%, geen fout nie. Hoe kan daar niks fout wees nie? Hy is 6 en maak nog sy bed elke aand nat. Ons probeer nou al ''n maand lank sonder die doek. Alles is elke oggend nat. Die uroloog bly sê  dit vat tyd ons moet geduldig wees. Moet ons nou maar weer met ''n doek slaap en hoop hy staan een oggend op en dis weg. Help my asseblief, ek weet nie meer watter kant toe nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou seun het beslis 'n probleem met sy enurese. Dit is definitief nie iets wat hy opsetlik doen nie.Daar is gewoonlik fout met die klep wat van die blaas lei wat nog sterker moet word.Hy het al meer as lank genoeg die DDAVP probeer wat glad nie help nie. Dit is nou tyd om ander behandelinge te probeer. Die beste sal wees om 'n pediatriese nier deskundige te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.