Childhood Diseases

Question
Posted by: lala | 2012/07/13

Q.

Coxsackie of wat? Help asb!

Goeiedag my dogtertjie is amper 2 jaar oud. Sy het vreeslik koors ontwikkel en later sere of haar lip gekry wat lyk soos koorsblare. Ek het haar by dr gehad en toe diagnoseer hul coxsackie virus. Die dr het gese ek moet myprodol gee vir die koors en Zinplex stroom vir die immuunsisteem. Haar toestand het binne 2 dae net vererger en ek sukkel om die koors gebreek te hou. Ek het haar terug by die dokter gehad en nou het hul antibiotika gegee. Coxsackie kan nie behandel word met antibiotika nie, volgens wat ek lees. My kind se koors styg elke 2 ure, sy is aggressief van die pyn, maar te lam om enige iets te doen. Haar tandvleis is erg opgehewe en skoon swart op sommige plekke. Haar tong het klomp wit sere asook die hele mond. Geen ander blase op die res van haar lyf. Die dr se as dit nie more beter is sal hul opneem. Ek verneem die siekte is vreeslik aansteeklik en ek het ''n 8 maande baba ook. Kan u my sê  watse siekte het sy nou eintlik en moet sy nie al lankal opgeneem gewees het nie? My kind is heel deurmekaar van al die pynmedikasie en sy skree onophoudelik. Wat moet ek doen, haar ongevalle toe vat of kans gee tot more. Sy kan nie eers praat so vol is die mond en lippe van die geel sere en dit ruik verskriklik! Help asb!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie siekte word 'herpes stomatitis' genoem. Dit word deur 'n herpes virus veroorsaak. Die sere in jou dogtertjie se mond is baie seer en sy sal nie kan drink nie. Die beste sal wees om haar na die naaste ongevalle te neem. Daar moet hulle die regte 'n anti-virale medisyne begin met die naam Acyclovir. Hulle moet ook Teejel gebruik op die sere om die pyn te verminder.Sy sal heel moontlik ook ekstra vloeistof IV nodig he.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2012/07/16

Hello Lala

twee van my 3 het dit al gehad, en dis sekerlik die ergste (algemene) siekte wat mens se kind kan kry. Dit gaan vir 6 nagte en 7 dae aan. As mens betyds met die Acyclovir begin dan verkort dit na 5 nagte en 6 dae. Ek dink egter dis reeds te laat vir jou dogtertjie. Jy moet die volgende konkoksie maak vir die mondjie om die pyn te verdoof - Dynexan en Ulsanic in ''n teelepel meng en in haar mondjie sit. Vra haar om dit nie dadelik te sluk nie. Jy sal moet boekhou van die koorsmedisyne (net setpille) en dit elke 3-4 uur gee - wissel Voltaren en Empaped af. Hou boek van hoeveel sy drink, sodat jy kan sien of sy genoeg inneem om nie gedehidreer te word nie. Gee haar ''n strooitjie om mee te drink. Beste is om ''n rehidrasie middel te gee spesifiek vir kinders, daar is een wat op rysmelk gebasseer is ( ek kan helaas glad nie die naam onthou nie, maar dis ''n pienk pakkie) wat hulle die maklikste drink. As die dr Acyclovir voorskryf neem die pilletjies! nie die stroop nie, want dis baie sleg en die kids drink nie die stroop nie. Die pilletjie kan fyngemaak en in ''n klein lepeltjie jogurt gemeng word. As sy begin dehidreer moet sy eerder opgeneem word. Snaakse ding is dat hulle in die hospitaal dan sommer bottel drink en die medisyne sonder moeite neem...maar BAIE sterkte. Dis werklik die aakligste situasie.

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.