Childhood Diseases

Question
Posted by: e | 2009/02/09

Q.

cough

More dokter, het laas week antwoord gekry op my vraag van hoes en neus - en aanbeveling was salex en dat hy binne 10 na 14 dae heeltemal gesond kan wees. Gee vir hom Bisolven Linctus ook en Kalimur weefselstof. Hy is nou seker so 10 dae siekerig. Net bekommerd oor hy die afgelope twee dae veral in nag erger hoes en lyk of hy seer kry. Die neus se slym kleur beweeg nou meer na geel se kant as wit. Hy het nogsteeds geen koors gehad nie. het na een keer se augmentin BD S gestop oor hy ' n uitslag op sy rug gekry het, wat die volgende dag weg was na ek gestop het. Of kan hy beter baat by Fisio dat hul sy borsie uitsuig en dan kan ek neboliser ook gaan koop vandag. Hy is nou 9,5 maande oud.

Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie siekte is basis 'n erge verkoue met bors ontsteking wat deur 'n virus veroorsaak word.Ons moet sorg om nie te veel medisyne te gebruik nie aangesien hierdie medisyne geneig is on newe effekte te veroorsaak,soos met die Augmentin ['n sterk antibiotika vir 'n virus ontsteking!?], Jou baba sal vanself beter word. Hou aan met die Salex neus druppels wat baie veilig is en gee ook Reuteri druppels 1ml elke dag vir minstens 10 dae om jou baba se weerstand teen infeksies op te bou. Hou op om die Bisolvon linctus te gebruik en ook die Kalimur.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.