Childhood Diseases

Question
Posted by: mama | 2008/09/01

Q.

chroniese medisyne

Cyberdoc het laas genoem dat my seuntjie rebound dekongustie kan hê  . Ek het dit toe opgeneem met my GP en hy het my verseker dat die chroniese medisyne met rede voorgeskryf word en dat ons met dit moet aangaan. Hy het weer vir my seun die generies van Zertyc (Centrizine-hexal) voorgeskryf. My seuntjie was nou die afgelope 10dae vir vog in die ore behandel na hy by die oor neus en keel spesialis was. So hy moes die medisyne eers staak en net aangaan met Prozef, Illidian en Adco-sudrafin. Die behandeling is nou verlede Donderdag verby en ons was terug by die spesialis en die vog in die ore was weg. Ek het hom oorspronklik by die spesialis gehad vir die rebound toe-neus probleem en op die ou-end het hy ons vinniger daaruit as in, hyt vir my gesê  ek moet aanhou met die chroniese medisyne, stem u saam? en as dit wel so is hoe lank moet ek nog aanhou. My kind is al vandat hy 4maande oud is op medisyne hy is nou 29maande oud. En dan nog ' n vraag. Ek wil weet of ek die nitepax (wat hy gekry het omdat pholtex nie gehelp het nie...vir ' n lelike hoes) en adco-flupain kan gee. Ek hou van die adco-flupain want dit verig wondere met sy toe neus. maar ek sal dit nooit langer as 10dae aaneen gebruik nie na na 10 dae sal ek weer kan terug gaan na die Centrizine of Deselex. Is dit reg so? Mag ek nie-chroniese medisyne soos Adco-flupain (nie langer as 10dae) gee as die deselex en cetrizine na paar weke nie meer hul werking wil doen nie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vind dit uiters moeilik om jou vraag te verstaan.Wat hier uiters nodig is is om 'n diagnose van die oorsaak van jou seuntjie se toeneus probleem te maak. Is sy neus pal toe as gevolg van vergrote adenoiede of is dit 'n allergiese probleem? Dit is nodig om 'n pediater met ondervinding in pediatriese allergie te raadpleeg om 'n vaste diagnose te maak.Moet aub nie al hierdie medisyne met baie newe effekte vir jou seuntjie gee nie. Gebruik net Salex neusdruppels soggens en saans totadat hy deur die pediatriese allergis ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.