Childhood Diseases

Question
Posted by: Tanya | 2008/12/01

Q.

Cellulitis/Pitswere

My seuntjie van 7 kry gereeld pitswere (cellulitis) op sy bene. Elke keer word antibiotika voorgeskryf wat hy klaarmaak. Dit pitswere gaan weg. Maar na '  n tydtjie kom dit maar weer. Ek kan nie dink dat dit goed is om hom elke keer antibiotika te gee nie. Ek het hom nou op '  n baie goeie Multi vitamien gesit om sy immuunstelsel op te bou asook CALC SULPH tissue salts. Sal dit help? Moet hy weer antibiotika kry? Is daar nog iets wat ek vir hom kan gee om sy immuunstelsel op te bou? Ek oorweeg Echinacea of knoffel kapsules. Ek wil regtig waar die antibiotika probeer vermy. Help asb. Baie dankie................

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Pitswere en cellulitis word gewoonlik deur Staph bakteriee veroorsaak.In sekere gevalle soos met jou seuntjie kan herhaalde infeksies 'n groot probleem wees. Dit is nodig dat jou dokter die oorsaak van sy staph infeksie probeer vind. Gewoonlik is dit staph wat in die neus gedra word. Dit is nodig om gereeld Bactroban neussalf te gebruik om die staph te verwyder.Gebruik ook 'n probiotika soos Probiflora Junior een elke dag vir 3 maande om sy weerstand teen infeksies op te bou.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.