Childhood Diseases

Question
Posted by: Lize | 2009/12/07

Q.

Byt plekke op 16 maande dogtertjie

More dokter,

My dogtertjie het laas week byt plekkies op haar regterarm gekry. Ek het maar gedink dis muskiet byte.

Saterdag oggend het ek met haar in die pram gaan stap en sy het so aan die slaap geraak. Ek het haar in ons slaapkamer getrek en sy het vir ' n verdere uur so geslaap.

TOe sy wakker word was haar hele regterbeen vol byte. Dit lyk verskriklik! Ek het 16 bytplekke getel. En dit het vreeslik geswel. En 3 van die ergstes het blasies gemaak met rooi om.

Nou wonder ek, wat kan dit wees? Almal sê  dis nie muggies of muskiete nie.

Kan dit dalk vismotte wees?

Ek glo nie dis ' n spinnekop nie, maar ek bekommer my dood oor wat dit kan wees.

Ek het wel Antisan by die apteek gekry en smeer dit aan. En ek spuit haar ook gereeld met muskietgoed.

Kan dokter my dalk help?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk wel asof jou dogterjie baie allergies is vir muskietbyte.Hierdie allergie kom baie dikwels voor. Sy word op die regte manier behandel.Gee ook 'n goeie antihistamien stroop bv Allecet 2.5ml een keer per dag. Probeer om haar te beskerm teen muskiet byte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.