Childhood Diseases

Question
Posted by: OUMA | 2011/02/03

Q.

BUSCOPAN

Ons kleinding is nou 4 weke oud, sy het met geboorte 2.56kg geweeg en weeg nou 3.150kg. Sy tel so 200grm per week op. Die mamma borsvoed nie en drink die baba so plus/minus 100ml S26 vir ''infants'' elke 3 ure. Sy maak ook gebruik van telemint druppels. Sy gebruik van Maandag af ook buscopan stroop. Vir hoe lank kan sy met hierdie stroop aangaan. Die baba is nie regtig koliekerig nie, huil maar wanneer nodig. Is dit goed vir die baba met die buscopan?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou pasgebore baba vorder baie goed en tel baie mooi gewig op.Ek vind dit moeilik om te verstaan hoekom dit nodig is om hierdie behandeling te gebruik.Jou babatjie het veral geen tekens van koliek nie.Buscopan bevat 'n bestanddeel wat atropien naboots en indien dit nie nodig is om hierdie medisyne te gebruik sal ek aanraai dat dit nie elke dag gebruik moet word nie. Ek sien ook geen rede om die Telament druppels te gebruik nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.