Childhood Diseases

Question
Posted by: Lu | 2010/03/11

Q.

Braking

Hi Dr, my 2jarige dogtertjie het laasweek vrydag 4 loperige doeke gehad, kleuterskool het my daarvan gese en ons het dit dopgehou. Saterdag oggend het sy ''n effense loopneus gehad en was effens knieserig, ek het vir haar 2.5ml stopayne, 2.5ml Actifed en 5ml hoesstroop gegee saterdag en sondag. Die neus het ophou loop en sy het nog net ''n effense slymerige hoesie gehad. Sondag het ons opgemerk dat sy gebyt is deur iets, sy het 8-10 byt merkies gehad wat definitief nie muskiet of vlooi byte was nie, ek het eers gedink dis dalk spinnekop byte want dit was ''n rooi vlekkie van so 1-2cm wyd en dit was hard in die middel, dit het ''n dag of 2 later begin jeuk en ''n ronde knoppie gevorm. Die gejeuk is nou weg en die byt merke raak nou gesond. Sondag aand het sy opgebring (dik, wit en baie suur braak) maar maandag oggend het sy weer goed gelyk. Sy was skool toe en die skool het my 9uur gebel om te se sy het net na ontbyt weer opgegooi en ''n loperige magie gehad. Sover het sy al van maandag tot vandag (donderdag) toe sover 2-4 loperige doeke ''n dag en bring dan elke oggend net tussen 2uur en 4uur op terwyl sy slaap. Sy word eenvoudig net wakker, huil en gee so 2 hoesies en dan bring sy eenmalig dieselfde tipe braak op as voorheen. Daarna is sy weer piekfyn en gaan aan asof niks fout is nie. Sy het nog nie eenkeer die week koors gehad nie. Ek het haar maandag by haar pedeater gehad, hy het vir haar Reuteri druppels vir die maag en Vibrocil vir ''n effense boonste lugweg infeksie voorgeskryf. Is daar enigiets anders wat ek vir haar kan doen om die loop maag te stop en die braking in die nag? Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nodig om 'n vaste diagnose van jou dogtertjie se siekte. Wat may bekommer is die byte wat opgemerk is. Is dit moontlik dat sy deur 'n borsluis gebyt is?Ek is veral bekommerd dat sy aanhou om te braak. Dit is belangrik om weer haar pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.