Childhood Diseases

Question
Posted by: Danica | 2010/03/15

Q.

Boude

My meisiekind is 16 maande oud en bietjie oorgewig. Sy het nogsteedts rolletjies by haar bo-bene soos enige baba maar het. Die laaste maand was dit baie warm in die Kaap so ek weet nie of dit die oorsaak kan wees nie. Aan albei kante van haar bo-bene in die rolletjies is dit rooi en stukkend. Elke aand wat ek haar bad droog ek dit baie goed af en gooi poeier. Nou dat dit stukkend is smeer ek maar haar boude room daarop (Lucroderm). Dit raak gesond maar dan gebeur dit net weer. Wat kan die oorsaak wees en wat kan ek gebruik? Is dit waar wat hulle sê  dat ''n mens nie moet poeier op vet babas gebruik nie? Ek het Epizone E room kan dit dalk help of nie? Dit raak stukkend en vel kom af net tussen die voutjies. Elke keer op dieselfde plek nie eens die hele voutjie nie net daai spesifieke plek. Dankie Dokter.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dankie vir hierdie baie goeie vraag. Daar is twee moontlike redes vir jou baba se veluitslag op haar boudjies. Die een is ekseem, maar ek vermoed dat sy 'n probleem het met 'n kandida uitslag.Gebruik Nystatin room 3 keer per dag en sien of dit die uitslag genees. Indien nie probeer Mylocort room soggens en saans-nie langer as 5 dae. Wanneer haar vel weer mooi gesond is gebruik Epimax room elke aand na sy gebad is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.