Childhood Diseases

Question
Posted by: tears | 2008/11/27

Q.

bottels en vele meer

Hi Doc,

My 21 maande oue dogtertjie wil niks weet van in ' n koppie begin drink nie. Sy soek net haar bottel. Soms sal sy uit bv ' n engergade bottel drink maar dis dit.

Sy babbel ook nog in haar taal en is asof sy nie wil praat nie. Sy sal bv se pappa, mamma, nat ens.

Ons gebruik raid vir die muskiete en die kamer venster is oop is dit veilig genoeg of moet ek maar iets anders gebruik.

dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nodig om baie geduld te gebruik,jou meise sal later van 'n koppie begin drink. Dit is nou nodig om vir minstens 2 weke op te hou om van die koppie te praat en haar toe te laat om net van haar bottel te drink.Daarna kan jy weer probeer om haar te leer om van die koppie te drink.
Wees ook geduldig oor haar spraak. Indien daar geen vordering na nog 6 maande plaasvind nie,sal dit nodig wees om 'n spraakterapeut te raadpleeg.
Hou op om die Raid in haar kamer te gebruik. Daar is geen inligting oor die veiligheid van Raid en jong kinders.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.