Childhood Diseases

Question
Posted by: Desire | 2011/09/11

Q.

Bottel

Goeie Dag Dokter

My dogtertjie is 3 jaar en 4 maande en ek sukkel om haar van haar bottel af te kry ek het al elke beker die met strooitjies met tuite sy wil niks weet nie.Sy is bedags net halfdag by die kleuterskool en dan drink sy uit ''n bottel met ''n tuit soos die Oros bottels,maar sodra sy by die huis kom soek sy haar bottel.Ek het al gedink om die bottel net in die asblik te gooi en te se hy is weg?

Enige voorstelle ek is raadop?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem kom baie dikwels voor. Jou dogtertjie het elke dag net 600ml melk nodig,dws twee koppies.Miskien kan sy die melk uit een van die Oros-soort bottels drink maar sy is nou 'te oud' om uit 'n gewone baba bottel te drink. Die beste sal wees om dit net weg te neem en vir haar te se dat haar bottel nou weg is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2011/09/12

Hi Desire

Laat weet asseblief oor ''n rukkie hoe dit gegaan het. Ek sit met dieselfde probleem...my outjie van 2jr en 8 maande drink net saans bottel, maar hy is so lief vir daai bottel dat ek amper dit nie oor my hart kan kry om dit weg te neem nie. Die vreugde wanner hy na sy bad sy ''melkie'' sien is te dierbaar en laat my hart vermurwe. Ek het ook een van 1 jaar oud, en wil sy bottel wegneem voor dit so ''n issue word, so ek gaan dubbel die pyn en probleme he met die verdwying van die bottel...

Sterkte daarmee

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.