Childhood Diseases

Question
Posted by: EP | 2013/02/03

Q.

Bosluis

Ons was op weg vir die naweek in die bosveld en het n klein swart/bruin bosluis op my 17maande oue seuntjie gekry toe ek hom Vrydagaand gebad het. Hoe sal ek weet of hy bosluiskoors het of nie? Hy is heel rustig en lyk nie siek nie, maar net bang ek mis dalk iets! Hoe behandel ek hom ook as hy simptome dalk begin kry?

Dankie!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek neem aan dat daar geen teken is dat die bosluis jou seuntjie gebyt het. Tog is dit nodig om deeglik vir enige bytplek te soek veral in sy hare. Die bytplek is gewoonlik 'n redelike groot velletsel en is maklik om te sien. Die eerste tekens van boslyskoors sal eers tussen 4 en 8 dae na die oorspronklike byt begin wys. Die eerste simptome is 'n baie hoe koors wat gewoonlik gepaard gaan met die verskyning van 'n rooi of pienk uitslag op die voete. Indien jou seuntjie binne die volgende week begin koorsig raak moet hy dadelik deur sy pediater ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.