Childhood Diseases

Question
Posted by: Gloria | 2012-07-26

Q.

Borsvoeding op Zoloft

Beste Dokter

Ek''s tans 16 weke swanger. Ek neem Zoloft (100 mg) tydens my swangerskap a.g.v. ''n geskiedenis van gemoedsversteurings. My psigiater het gese dis veilig. Ek sal baie graag wil borsvoed wanneer die baba gebore is maar ek''s nie seker of dit wenslik is nie aangesien die Zoloft blykbaar in die borsmelk oorgedra word. Wat is u opinie? Ek''s bevrees my psigiater gaan nie saamstem dat ek heeltemal van die Zoloft afgaan nie want ek het voorheen al my medikasie gestaak met rampspoedige gevolge. Ons is ook bekommerd oor na-geboorte depressie. Ek sal u raad baie waardeer.

Groete

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Zoloft sal definitief oorgedra word in jou borsmelk, maar sover bekend is, is dit veilig om jou baba te borsvoed. Die rede is dat baie klein hoeveelhede oorgedra word en die vlak is so laag dat dit as veilig beskou word om te borsvoed.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2012-07-29

Zoloft word feitlik glad nie in die borsmelk gevind nie, dus is dit veilig vir baba. Dis baie belangriker dat jou gemoedstoestand goed is na die geboorte, so hou verseker daarmee aan. Ek het self 2 Zoloft babas, en hulle floreer nou as jong kinders. So sorg goed vir jou self en wees bedag op nageboortelike depressie, selfs met die Zoloft, sodat jy die dosis effektief kan hou. Sterkte! dis sal goed gaan!

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.