Childhood Diseases

Question
Posted by: jenn | 2010/12/15

Q.

Borsmelk en Formule vir baba

Hallo dokter

My seuntjie is op 36 weke gebore en is nou 3 maande oud. Ek borsvoed hom van geboorte af nog. Ek begin oor ''n maand weer werk so my man voer hom soms met die bottel om hom gewoont te maak daaraan. Ek sou hom graag tot op 6 maande wou borsvoed, maar ondervind nou die laaste paar dae dat hy te gereeld wil drink en wonder of hy nie dalk nog honger is nadat hy gedrink het nie. Dit gebeur net in die aand. Hy drink elke 3 ure deur die dag en het gewoonlik snags 8 ure sonder melk deurgekom maar nou raak hy elke 2 ure wakker en slaap eers weer as ek hom bietjie laat drink het.
Iemand het voorgestel dat ek vir hom formule vir sy aandbottel gee. Sal dit nie sy maag omkrap as ek borsvoed en hy formule drink nie? Sal dit enigsins inmeng met die voordele van die borsmelk? Hy gaan na ''n dagsorg toe waar my oudste seun van 3 ook is en ek is bang hy word vinniger siek as ek nie borsmelk gee nie. Ek wil ook graag eers wag tot hy 6 maande oud is voor ek vir hom kos begin gee. Moet ek in ag neem dat hy ''n maand te vroeg gebore is as dit by kos kom, of hoef ek my nie daaraan te steur nie. Sy ontwikkeling is baie baie goed, hy is net baie klein. Hy is vroeg gebore as gevolg van ''n groeivertraging agv die plasenta wat nie effektief gewerk het nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag en byna al die nodige inligting is verskaf behalwe die belangrikste van alles dws baba se gewig.Dit lyk wel asof jou baba baie goed vorder maar ek stem saam dat hy snags nou kort kort honger raak. Hy is maar 3 maande oud en het seker baie vinnig gegroei sedert sy geboorte. Hy is nog te jonk om vaste voesdsel te begin en die beste oplossing sal wees om in die aand formule melk vir sy aandbottel te gee.Lactogen1 sal hom goed pas.Hou aan om in die dag te borsvoed. Dit sal nie sy maag omkrap nie en dit behoort ook geen ander probleme te veroorsaak nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.