Childhood Diseases

Question
Posted by: nina | 2012-04-10

Q.

borsel van tande

Hi dokter,

my 10 maande oud dogtertjie weier dat ek naby haar tande kom. Sy het al 7, amper 8, tande en ek is bekommerd dat dit nie mooi skoon gehou word nie. Ek het n " training toothbrush"  gekoop wat sy self kan vashou en borsel maar sy het met dit gespeel vir n week en toe verveeld geraak. As ek n lappie of borsel naby bring skree sy blou moord en weier om my toe te laat. Hoe moet ek maak om haar tandjies skoon te kry?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die beste sal wees om jou babatjie 'n rus kans te gee, Hou op om te probeer om haar tande skoon te maak vir minstens 10 dae en probeer dan weer.Dit sal miskien beter wees om eers weer 'n lappie te gebruik en daarna weer die tande borsel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Jana | 2012-04-10

Sjoe maar jy is gelukkig dat jou dogtertjie so baie tandjies al het!! Ons pop is dieselfde ouderdom en het nog net 2 onder tandjies, ons wag in spanning vir die boonstes al vir die laaste 2 maande om uit te kom!
Ek het ook n tandeborseltjie en paste gekoop verlede maand, sy het ook die 1ste paar aande in die bad net daarmee gespeel maar het nou begin om dit oor die tandjies te trek, na vele demostrasies deur Ma en Pa! Ons benader dit ook maar deur te wys en te speel en dit deel van badtyd te maak!

Reply to Jana
Posted by: Annie | 2012-04-10

Ek was gelukkig, my dogtertjie het altyd van tande borsel gehou. Ek het haar tande geborsel terwyl Pappa syne borsel en dan borsel ek myne ook net daarna.
Nou borsel sy self (20 maande oud) en ek help net n bietjie. Maar ons borsel steeds saam tande.

Saam met Pappa is dit die grootste avontuur, hulle spoeg die water/tandepasta uit en spoel hul monde uit en spoeg weer.

Gewoonlik hou kinders van roetine. So probeer dit deel van n roetine maak en probeer dit vir haar lekker maak.
Ek het aan die begin ook soms dat sy my tande borsel terwyl ek hare borsel. Sy het gedink dis baie snaaks om mamma se tande te borsel.

Reply to Annie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.