Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2010/10/22

Q.

Bors trek toe

My seuntjie is nou 3 jaar 8 maande. Hy is ''n 100% gesonde kind. Al probleem is, sy borsie trek van tyd tot tyd toe in die nag as hy slaap. Dit het al omtrent 5 keer gebeur. Dit het nou weer gebeur laas nag toe ons slaap. Hy huil en hoes dan baie en haal moeilik asem, amper asof hy hyg. Ek gee dan vir hom
5 ml Celestamine. Kan dit ''n alergie wees? Maar dan sal dit eerder gebeur direk na iets/dit wat hom ''n alergie gee, bv.kos?
Ek dink nie hy het asma nie, want dit gebeur nooit as hy hardloop en speel nie - net as hy slaap.
Hy is op 37 weke gebore, as gevolg van my plasenta wat geskeur het en ek moes toe ''n noodkeiser kry. Hy was toe 2 dae in Neunataal as gevolg van sy longe wat nie " ryp"  was nie. Kan dit as gevolg daarvan wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem saam dat jou seuntjie se nag hoes probleem nie as gevolg van asma is nie.Dit is veral omdat hy gewoonlik gesond is en sy bors trek ook nie toe nie wanneer hy hardloop.Ek vermoed dat hy kroep aanvalle kry, die so-genamde 'spasmodiese of episodiese kroep'.Hierdie is nie 'n erge probleem nie en hy sal hierdie soort kroep aanvalle met tyd ontgroei.Indien hy redelik erg hoes sal dit nodig wees om hom met Pulmicort in 'n nebuliseerder te behandel.Die beste sal wees om sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.