Childhood Diseases

Question
Posted by: Almarie van der Linde | 2010-10-09

Q.

bokmelk vir babas

Ek het vasgestel dat my baba van 5 mnd allergies is vir melk en soja. Ek het nou begin om vir hom bokmelk te gee en hy is n baie vriendeliker mensie en die ekseem is besig om weg te gaan na 4 dae op die bok melk, dit was n lang proses tot hier, alles moontlik probeer en ek het geborsvoed net so oor n maand ek het wel opgehou agv. string operasies agv komplikasies van keisersnit. Dis my twede kind en ek was op my gesondste met die swangerskap en nie ek of my man en eerste kind het enige allergiee nie.
Ek weet dat bokmelk nie foliensuur en ander noodsaaklike olies en vitamiene voorsien nie, hoe kan ek die bokmelk aanvul sodat ek die besste vir my baba bied.moet ek dit verdun en wat sal die beste hoeveelheid wees om dit te verdun( ek koop gepastruseerde(gevriesde bokmelk).
My baba is laaste gemmet en geweeg op die 22/09/10 sy gewig was 7.9kg en lengte 69.5 cm.
my huis dokter het celestamien en protopic 0.03% voorgeskry vir ekseem.
Ek hoor graag van u en sal u hulp baie waardeer in die verband.
Almarie van der Linde

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba seuntjie se gewig en lengte is albei bo die gemiddeld vir sy ouderdom, dus vorder hy baie goed. Bokmelk word gewoonlik half-half met gekookte en afgekoelde water verdun. Hy moet eksta foliensuur neem. Vidaylin druppels bevat foliensuur.Ek is jammer om te verneem dat Celestamien wat 'n baie sterk kortisoon voorgeskryf is vir jou baba se ekseem. Hierdie medisyne word nie vir die behandeling van ekseem in babas voorgeskryf nie.Hy kan aanhou om die Protopic te gebruik aangesien dit sy ekseem verbeter.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: Antoinette | 2011-01-17

My dogtertjie is nou 18maande oud. Sy het op 6 maande ophou melk drink. Sy kry net bietjie melk in soggens met haar pap en laat middag gee ons vir haar weer pap sodat sy nog melk kan inkry, andersins weier sy om melk te drnk. ek het geborsvoed tot op 4 maande, toe is ek terug werk toe en het ek haar op formule geplaas - NAN1, toe NAN2 en toe NAN3. Die klinieksuster was nie bly oor die feit dat sy nie melk inkry nie en my toe verwys na ''n Dieë tkundige wat voorgestel het dat ek melk oorals byvoeg waar moontlik. Ekstra skeppie melk by pap, in jogurt ens. OP 16maande kry sy ''n veluitslag op haar armpies wat na ''n week lyk of sy baie erg gesonbrand het. Na drie weke se behandeling van kortosoon was dit bietjie beter maar nogsteeds nie weg nie. Ek het haar na ''n Homopaat geneem wat haar toe gediagnoseer het vir allergies vir melk, aarbeie, piesangs, kiwivrugte en kathare. Sy is net allergies vir melk en nie alle melk produkte nie. Ek het haar oorgeskakel ne ISOMIL sojamelk. Ek hoor nou hulle së  dat sojamelk nie goed is vir babas of grootmense nie. Hulle stel voor ek sit haar op bokmelk, maar daar lees ek ook dat daar sekere voedingstowwe kort in bokmelk. My dogtertjie het heeltemal herstel van haar allergiese veluitslag na 2 weke op die sojamelk. RAAD ASB - kan ek haar los op die sojamelk of moet ek haar op bokmelk oorsit.
Enige raad welkom.
Dankie.

Reply to Antoinette
Posted by: nincke haasbroek | 2010-11-12

ons baba is nou 4 maande oud, ek wil weet hoeveel bokmelk kan ek vir hom gee om te drink en met hoeveel water ek dit moet verdun?
groete, nincke

Reply to nincke haasbroek
Posted by: almarie | 2010-10-11

baie dankie ek sal die celestamien staak.

Reply to almarie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.